Welkom by GO-2 Chalets

GO-2 Chalets is geleë tussen Middelburg en Groblersdal, naby Loskopdam en oorkant Kranspoort Vakansiedorp, in Mpumalanga.

Oopplan-eenheid

Selfsorg

2 - Slaapkamer eenheid

Selfsorg

Selfsorg-chalets wat moderne verblyf bied van dubbelbed (slaapplek vir 2) tot tweeslaapkamers (slaapplek vir 4). Chalets – elk met sy eie braai- en stoeparea. Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei, breekware, yskas / vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, stoof met oond, lugversorging en TV.

Elke chalet het ‘n lugversorgingseenheid, TV en ingeboude kaste, terwyl linne, komberse en kussings voorsien word. Geen handdoeke word voorsien nie – bring asseblief u eie handdoeke saam.

As u nie lus is om kos voor te berei nie, is ‘n A la Carte-restaurant met dranklisensie op die perseel beskikbaar om u smaakpapillen te bederf.

GO - 2 Steakhouse Restaurant

Swembad

Funksies en gebeure

Akkommodasie Tariewe